Verskillende benaderings tot digitale pedagogie
Daar is verskeie manier waarop
onderwysers digitale pedagogie kan benader om dit in die klaskamer te
implementer. Een hiervan is die konstruktivistiese benadring. Konstruktivisme
behels dat leerders aktief hul eie kennis en betekenis van hul ervarings saamstel.
Dit is ‘n pedagogie wat gebaseer is op die dinamsie interaksie van gedagtes,
kulture, kennis en betekenis van realiteit en ondervindig. Hierdie benadering
sal leerders talle vaardighede leer buiten die inhoud van die kurrikulum, mits
dit reg geïmpementeer word. Leerders sal onderandere leer om as mediators op te
tree, om self-regulatories en –bewus te wees en om te help om die leer
uitkomste te bepaal. Die onderwyser sal slegs as fasilliteerder dien wat die
gewense omgewing skep vir leer om plaas te vind en slegs leerders begelei om
ander moontlikhede ook te ondersoek (Attwell & Hughes, 2010).
‘n Ander benadering kan die van
Vygotsky en sosiale konstruktivisme wees. Vygotsky se teorie oor elke persoon
se sone van proksimale ontwikkeling beweer dat leerders die potensiaal het om
meer te leer wanneer daar interaksie tussen klasmaats is as wanneer die
leerders individueel moet leer. Dit is dus belangrik om ruimte te skep dat
leerders interaksie met mekaar kan hê sodat individuele leer optimaal kan
plaasvind. ‘n Stapsgewyse leer proses bekend as “Scaffolding” kan leerders help
met leer en ontwikkeling in hul sone van proksimale ontwikkeling. Eenvoudig
gestel behels die proses dat die onderwyser die leerder se belangstelling in ‘n
bepaalde onderwerp stimuleer en dan die leerder deur die proses gefokus hou en
frustrasie vermy. Die onderwyser speel ook ‘n fassiliterende rol in die
voltooiing van die taak deur moontlike oplossings te bied wat die leerder dan
self kan interpreteer in sy/haar werk (Attwell & Hughes, 2010).
Nog ‘n benadering is die van
gemeenskappe van praktyk. Dit behels dat leerders sekere kennis opdoen gebaseer
op die omgewing of eerder gemeenskap waarin hy homself bevind. Hierdie
gemeenskappe hoef nie noodwendig deel te wees van die leerder se direkte
omgewing nie maar kan as gevolg van gevorderde tegnologie aanlyn bestaan. Leer
in hierdie gemeenskappe vind dan plaas wanneer lede hul eie ervarings en kennis
deel en vergelyk met ander om hul opinies te verdedig of nuwe opinies vorm (Attwell & Hughes, 2010).
Bronnelys
Atwell, G.
& Hughes, J. (2010). Pedagogic approaches to using technology for learning:
Literature review. Retrieved from http://webarchive.nationalarchives.gov.uk/20110414152025/http:/www.lluk.org/wp-content/uploads/2011/01/Pedagogical-appraches-for-using-technology-literature-review-january-11-FINAL.pdf