Friday, 6 March 2015

Vraag van die week 2


Verskillende benaderings tot digitale pedagogie
Daar is verskeie manier waarop onderwysers digitale pedagogie kan benader om dit in die klaskamer te implementer. Een hiervan is die konstruktivistiese benadring. Konstruktivisme behels dat leerders aktief hul eie kennis en betekenis van hul ervarings saamstel. Dit is ‘n pedagogie wat gebaseer is op die dinamsie interaksie van gedagtes, kulture, kennis en betekenis van realiteit en ondervindig. Hierdie benadering sal leerders talle vaardighede leer buiten die inhoud van die kurrikulum, mits dit reg geïmpementeer word. Leerders sal onderandere leer om as mediators op te tree, om self-regulatories en –bewus te wees en om te help om die leer uitkomste te bepaal. Die onderwyser sal slegs as fasilliteerder dien wat die gewense omgewing skep vir leer om plaas te vind en slegs leerders begelei om ander moontlikhede ook te ondersoek (Attwell & Hughes, 2010).
‘n Ander benadering kan die van Vygotsky en sosiale konstruktivisme wees. Vygotsky se teorie oor elke persoon se sone van proksimale ontwikkeling beweer dat leerders die potensiaal het om meer te leer wanneer daar interaksie tussen klasmaats is as wanneer die leerders individueel moet leer. Dit is dus belangrik om ruimte te skep dat leerders interaksie met mekaar kan hê sodat individuele leer optimaal kan plaasvind. ‘n Stapsgewyse leer proses bekend as “Scaffolding” kan leerders help met leer en ontwikkeling in hul sone van proksimale ontwikkeling. Eenvoudig gestel behels die proses dat die onderwyser die leerder se belangstelling in ‘n bepaalde onderwerp stimuleer en dan die leerder deur die proses gefokus hou en frustrasie vermy. Die onderwyser speel ook ‘n fassiliterende rol in die voltooiing van die taak deur moontlike oplossings te bied wat die leerder dan self kan interpreteer in sy/haar werk (Attwell & Hughes, 2010).
Nog ‘n benadering is die van gemeenskappe van praktyk. Dit behels dat leerders sekere kennis opdoen gebaseer op die omgewing of eerder gemeenskap waarin hy homself bevind. Hierdie gemeenskappe hoef nie noodwendig deel te wees van die leerder se direkte omgewing nie maar kan as gevolg van gevorderde tegnologie aanlyn bestaan. Leer in hierdie gemeenskappe vind dan plaas wanneer lede hul eie ervarings en kennis deel en vergelyk met ander om hul opinies te verdedig of nuwe opinies vorm (Attwell & Hughes, 2010).
Bronnelys